Hierdie 293-hektaar eiendom is 'n pragtige stuk grond wat sowat 5 km wes van Leandra gelee is. As jy vanaf Leandra kom, kan jy die R29-teerpad volg in die rigting van Devon vir 5 km. Jy sal dan 'n naambord en 'n ingang aan jou linkerhand sien. Die eiendom strek weerskante van die pad.
Die gedeeltes wat nie beset is met verbetering nie, is verdeel in 5 kampe en almal het toegang tot water. Die water word voorsien deur twee boorgate wat toegerus is met dompelpompe. Hierdie boorgate lewer voldoende water vir die nodige gebruik. Die water word in 10 Jojo-tenks van 10,000 liter elk gepomp en van daar af versprei na die nodige punte.
Die eiendom is in totaal omhein met 'n lengte van 1.45m. Die huis en eierproduksie-anleg is apart omhein met 'n 2.1m elektriese draad bestaande uit 14 drade. Hierdie omheinde gedeelte is tans toegerus met 'n volledige kamera-sekuriteitstelsel.
Wat betref die kragvoorsiening, is daar drie-fase kragpunte van 200 kVA wat deur Eskom verskaf word. Hierdie kragvoorsiening is van groot omvang en kan hoe energie-eise hanteer. Daar is ook twee bystand-kragopwekkers, elk met 'n kapasiteit van 100 kVA, wat apart van Eskom-krag kan funksioneer.
Verbeterings bestaan uit die volgende: Woonhuis Wassery Twee motorhuise en afdakke Lapa 6 Arbeiders wonings Kantoor Verpakkings gebou Wagte huise Waskamer Werkswinkel Uitslagstasie Kragopwekker gebou Store Drie Eierkamers en 26 Le-hen-huise
Notas Daar kan 236 000 henne gehuisves word. Ongeveer 200 000 hoenders is geplaas. Eierproduksie is ongeveer 85 tot 90persent van die hoeveelheid henne per dag. Die koste van voer is ongeveer R7 000 per ton. Die voerverbruik is ongeveer 115 gram per dag. Hoendermis word teen ongeveer R120 per ton verkoop. Henne van 17 weke oud word geplaas en hulle het 'n produksietyd van ongeveer 17 weke voordat dit afneem. Uitgefaseerde hoenders word lewendig teen R50 per hoender verkoop.
Sign-up and receive Property Email Alerts of Farms for sale in Leandra, Leandra.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home and Hectare website is accurate and up to date, Home and Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Please note: Most banks charge an administration and initiation fee. Disclaimer: These calculations are only a guide. Please ask your conveyancer for exact calculations.